Slagoffer in die kop geskiet
Liggaam in bos ontdek
MISDAADTONEEL: Mamre: Die liggaam van ‘n man met koeëlwonde aan sy kop is Maandagoggend, 6 Julie 2026 in bosse hier ontdek.

Inwoners glo die man, vermoedelik in sy twintigs, is elders geskiet en sy liggaam daar kom gooi. Hy het ‘n rooi broek, ‘n Saxonsea Hoërskool-sweetpakbaadjie en swart pantoffels aangehad.
Volgens Thembakazi Mpendukana, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, is die liggaam omstreeks 08:00 op die hoek van die Ou Mamre-Darling Pad en Dassenberg-weg, Mamre, ontdek.
Mpendukana het bevestig die slagoffer het koeëlwonde aan sy kop gehad het en dat die Atlantis-polisie ‘n moordsaak vir verdere ondersoek geopen het.
“Die motief vir hierdie voorval is tans onbekend en geen arrestasie is nog gemaak nie,” het Mpendukana gesê.
Related News
Tiener met gesteelde wapen betrap
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: Die polisie het ‘n 16-jarige seun gearresteer vir die besit vanRead More
Son sentenced for raping mom, gran
FROM THE COURTS: The Virginia Regional Court has sentenced a 24‑year‑old man to an effectiveRead More
