Man wou na bewering Khat uitsmokkel

Sakke dwelms by lughawe gevind

MISDAADTONEEL: Kaapstad Internasionale Lughawe: ‘n Man is hier gearresteer nadat hy na bewering probeer het om meer as 50 kg Khat uit die Kaap te smokkel.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se grenseenheid by die Kaapstad Internasionale Lughawe het die 46-jarige man Saterdag, 4 Julie 2026 gevang nadat die Khat in sy bagasie ontdek is.

Die eenheid was omstreeks 12:20 besig met roetine-patrollies in die sentrale terminaalgebou toe hulle inligting ontvang het oor ‘n verdagte persoon by een van die lughawe se vertrektoonbanke.

Die polisie het die man deursoek en ongeveer 50,7 kg Khat in drie sakke ontdek.

Die verdagte is gearresteer op ‘n aanklag van dwelmhandel.

Die waarnemende Provinsiale Kommissaris van die Wes-Kaapse polisie, generaal-majoor Luyanda Damoyi, het die betrokke lede geprys vir hul waaksaamheid en professionaliteit.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*