Gugulethu rowers

 
 

Drama ontvou toe verdagtes op wagte skiet

Transito rower agter tralies

MISDAADTONEEL: Gugulethu, Kaapstad: ‘n Verdagte transito rower is vier dae ná ‘n mislukte roof gearresteer.

Die foto is met behulp van AI geskep en word slegs vir illustrasie doeleindes gebruik.

‘n Intelligensie-gedrewe operasie deur die Valke, lede van die POCC en die K9-eenheid het gelei tot die arrestasie van die 39-jarige verdagte op Donderdag 9 Julie 2026 op aanklagte van gewapende roof.

‘n Woordvoerder vir die Valke, luitenant-kolonel Siyabulela Vukub, sê ‘n IZI Cash-pantservoertuig het op 5 Junie 2026 in Gugulethu gery nadat personeel kontant in die OTM’e by die Gugulethu-winkelsentrum gelaai het.

“’n Silwer Mercedes-Benz het in die pantservoertuig vasgejaag waarna verdagtes daarop begin skiet het. ‘n Wit Ford Bantam-bakkie het by hulle aangesluit en die insittendes ook met vuurwapens losgebrand.

“Die wagte in die pantservoertuig, wat vol koeëlgate was, het terug geskiet en in die proses daarin geslaag om na ‘n veilige plek te ry. Niemand is beseer nie en geen kontant is gesteel nie.

“Die rowers het albei voertuie agtergelaat. Verdere ondersoeke het gelei tot die arrestasie van die verdagte nadat ‘n lasbrief vir arrestasie uitgereik is,” het Vukub gesê.

Die verdagte verskyn, Maandag, 13 Julie 2026 in die Athlone-landdroshof.