Polisie slaan toe op bergingsfasiliteit in Stellenbosch
R12-m se onwettige gevind
MISDAADTONEEL: Stellenbosch: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het onwettige drank ter waarde van R12 miljoen by ‘n bergingsfasiliteit gekonfiskeer.

Volgens die SAPD het ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie, die Wes-Kaapse Drankowerheid en die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gelei tot die beslaglegging van die onwettige drank in Plankenburg, Stellenbosch.
Die polisie het inligting van die Wes-Kaapse Drankowerheid oor die fasiliteit in Stellenbosch ontvang. Die plek is vir ‘n tyd dop gehou en op Donderdag 16 Julie 2026 het lede toegeslaan, wat gelei het tot die konfiskering van ‘n groot hoeveelheid drank.
Die SAID se doeane-eenheid het die drank gekonfiskeer, en die polisie het ‘n saak vir verdere ondersoek geopen. Geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie.
Related News
Police find R12 m illegal liquor
CRIME SCENE: Stellenbosch: The South African Police Service (SAPS) have confiscated illicit liquor worth R12Read More
Polisie arresteer 3 vir massa-skietery
MISDAADTONEEL: Wesbank, Malmesbury: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n groot deurbraak gemaak ná ‘n massa-skietvoorvalRead More
