Polisie kry liggaam voor huis in Korvette-weg
Nog ‘n man in Strandfontein geskiet
MISDAADTONEEL: Strandfontein, Kaapstad: Nog ‘n persoon is in Strandfontein doodgeskiet – ‘n bietjie meer as 48-uur nadat ‘n massaskietery dié stil plek geruk het.

Die voorval het Maandagaand, 19 Oktober 2026, omstreeks 20:45 in Korvette-weg plaasgevind – skaars ‘n kilometer van die vorige skietery op Saterdag, 17 Oktober 2026, in Dinghie Circle.
Luitenant-kolonel F.C. van Wyk, bevelvoerder van die Wes-Kaaps-polisie se provinsiale mediasentrum, het gesê polisiebeamptes het mwet hul aankoms op die toneel op die liggaam van ‘n 26-jarige man voor ‘n huis in Korvette-weg afgekom.
Van Wyk het gesê die slagoffer is verskeie kere geskiet, en dat die Strandfontein-polisie ‘n saak van moord ondersoek.
Hy het bygevoeg dat die motief vermoedelik bende-verwant is.
Enigeen met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 skakel, of die MySAPS-App gebruik om inligting anoniem deur te gee.
Related News
AO te wakker vir vaak ryloper
MISDAADTONEEL: Upington, Noord-Kaap: ‘n Op en wakker polisiebeambte en ‘n vaak ryloper het direk totRead More
A dream trip…straight to jail
CRIME SCENE: Uppington, Northern Cape: A police officer’s sharp senses and a tiring hitch hikerRead More
