Polisie wil stabiliteit terugbring
Vier vas oor wapens
MISDAADTONEEL: Kaapse Vlakte: Die polisie het vier onwettige vuurwapens teruggevind en vier mense gearresteer tydens operasies regoor die Kaapse Vlakte oor die naweek.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het gesê die doel van die operasies was om stabiliteit in misdaadgeteisterde gebiede te bring.
Die Anti-Bende-Eenheid (AGU) het Sondag 19 Julie 2026 inligting ontvang rakende ‘n vuurwapen wat versteek was by ‘n perseel in Mentz Court, Hanover Park.
Die polisie het die perseel en inwoners deursoek. ‘n Vuurwapen sonder ‘n reeksnommer en 10 rondtes ammunisie is in die besit van ‘n 43-jarige verdagte gevind. Hy is gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
Lede verbonde aan Operasie Lockdown 3 het twee verdagtes van 54 en 29 jaar oud in afsonderlike voorvalle in die vroeë aand van Sondag in hegtenis geneem.
Omstreeks 18:30 het hulle inligting ontvang oor ‘n plek in Laingsberg-straat, Manenberg, waar ‘n bendelid woon en dat die perseel as ‘n onwettige tavern gebruik word. Die lede het die perseel deursoek en ‘n 9mm-pistool teruggevind en gekonfiskeer. Die 54-jarige verdagte is gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen.
Omstreeks 20:00 dieselfde aand het hulle ‘n 29-jarige verdagte gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en onwettige besit van ammunisie by ‘n perseel in Hanekom-singel, Belhar.
Op Saterdag 18 Julie 2026 het die AGU ‘n operasie in die Lentegeur-gebied uitgevoer nadat hulle inligting opgevolg het oor ‘n moordsaak wat vroeër die maand aangemeld is.
Hulle het na ‘n perseel in Avon-straat, Woodlands, gegaan waar hulle ‘n onbekende man deursoek en hom in besit van ‘n .38 Special-rewolwer en ses .38 Special-rondes ammunisie gevind het. Die 23-jarige man is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en onwettige besit van ammunisie.
Related News
Huge find of drugs, guns
CRIME SCENE: Bothasig, Cape Town: “You are going to need a lot of forensic bags.”Read More
Four arrested for illegal guns
CRIME SCENE: Cape Flats: The police recovered four illegal firearms and arrested four people duringRead More
