FBI help SAPS om seks netwerke te ontbloot

Seun (16) vas oor seks netwerke

MISDAADTONEEL: Malmesbury, Wes-Kaap: ‘n 16-jarige seun is gearresteer omdat hy an bewering verbind word aan ‘n gewelddadige aanlyn seksuele netwerk.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het saam met internasionale agentskappe gewerk en die tiener Maandag, 17 Augustus 2026 gearresteer vir die toegang tot en besit, fasilitering en aflaai van materiaal oor seksuele misbruik van kinders.

Die SAPD se Nasionale Ernstige- en Elektroniese Misdaad-ondersoek (SECI)-span het intelligensie ontvang van die Federal Bureau of Investigation (FBI) van die VSA, die Amerikaanse Ambassade en die Nasionale Sentrum vir Vermiste en Uitbuiting van Kinders (NCMEC).

Die inligting het aangedui die verdagte, wat daarvan verdink word dat dat hy ‘n verbintenis het met die gewelddadige aanlyn netwerke wat algemeen bekend staan ​​as “764”, vermoedelik in Suid-Afrika is.

Volgens die SAPD is “764” gewelddadige internasionale aanlyn ekstremistiese netwerke wat met kinderuitbuiting geassosieer word.

“Hierdie oortreders teiken en pers na bewering minderjariges af en dwing hulle tot aanlyn seksuele misbruik, marteling en moord op diere en ander vorme van skadelike kriminele aktiwiteite.

“Na uitgebreide ondersoeke het die SECI-span die tiener na ‘n adres in Malmesbury opgespoor, waar hy gearresteer is terwyl hy na bewering besig was met die misdade.

“’n Voorlopige ontleding van die verdagte se elektroniese toestelle het eksplisiete beelde en video’s ontdek wat seksuele misbruik van kinders en diere-verminking uitbeeld. Die toestelle sal omvattende forensiese ontleding ondergaan om die volle omvang van die beweerde oortredings te bepaal.

“’n Aantal kinderslagoffers is tot dusver geïdentifiseer,” sê die SAPD.

Die tiener sal na verwagting op Dinsdag 18 Augustus 2026 voor die Malmesbury-landdroshof verskyn.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*