Mitchells Plain skietery

 
 

Derde gewond, aanvallers vlug van toneel

Twee sterf in Portland-skietery

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: Twee mans is doodgeskiet en ‘n derde gewond in ‘n vermoedelike bende-verwante voorval.

Sersant Wesley Twigg, ‘n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê

Die Mitchell’s Plain-polisie het twee aanklagte van moord en een van poging tot moord geopen ná die aanval Vrydagaand, 21 Augustus 2026, omstreeks 20:28.

“Polisielede het reageer op ‘n klag van ‘n skietery en met hul aankoms op die toneel in Venice Close, Portlands, het hulle die slagoffers met skietwonde aan hul liggame gevind. Twee mans van 27 en 35-jaar-oud is op die toneel dood verklaar en ‘n 24-jarige man is gewond. Hy is na ‘n mediese fasiliteit vervoer vir behandeling.

“Die motief vir die aanval is vermoedelik bende-verwant. Die verdagte(s) het van die toneel gevlug en is nog nie igearresteer nie,” het Twigg gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.


Drie mans skiet kind terwyl hy huistoe stap

Seun (15) koelbloedig vermoor

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n 15-jarige seun is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy in die straat op pad huis toe geloop het.

Volgens konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die Mitchells Plain-polisie ‘n saak van poging tot moord aanhangig gemaak ná die skietery wat Donderdag, 20 Augustus 2026 omstreeks 20:45 in Atletiek-straat, Beacon Valley, plaasgevind het.

“Volgens berigte is die seun deur drie onbekende verdagtes geskiet terwyl hy op pad huis toe was. Hy het skietwonde aan die agterkant van sy kop, regter arm en boude opgedoen. Die motief vir die aanval word ondersoek, en geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie,” het Gwala gesê.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak of inligting anoniem via die MySAPS-toepassing te verskaf