Dogter raak bekommerd, polisie kry lyk

Vrou (61) op haar bed vermoor

MISDAADTONEEL: Allanridge, Vrystaat: ‘n Bejaarde vrou is wreed in haar eie huis vermoor en naak op haar bed agtergelaat.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die moord op die 61-jarige vrou wat dood  by haar huis in Nyakallong, Allanridge gevind is. Haar hande en voete was met ‘n tou vasgebind.

Die Allanridge-polisie het Maandag 7 September 2026 omstreeks 12:00 ‘n klag ontvang nadat die vrou se dogter en kollegas haar nie in die hande kon kry nie.

“Kollegas het bekommerd geraak toe sy nie vir werk opdaag nie. Hulle het haar dogter onmiddellik in kennis gestel, wat toe die polisie gekontak het.

“Die polisie het onmiddellik ondersoek ingestel en nadat hulle die huis binnegegaan het, is die vrou naak op die bed in die slaapkamer gevind.

“Die motief vir die moord is in hierdie stadium onduidelik,” het die SAPD gesê.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat tot die arrestasie van die verdagte(s) kan lei om na vore te kom.

Sersant Tshidiso Mabaso van die Allanridge-speurders kan gekontak word by 082 466 8193. Alternatiewelik, kontak Stop Misdaad by 08600 10111 of stuur ‘n anonieme wenk via die MySAPS-App. Inligting sal streng vertroulik behandel word.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*