Vrystaat misdaad
Opvoeder bel sy vrou, maar oproep gou kortgeknip
Welkom onnie vermis
MISDAADTONEEL: Welkom, Vrystaat: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde motorkaping en ontvoering van ‘n opvoeder van Welkom, Gert Adams (55).

Volgens die polisie is Adams na bewering omstreeks 23:30 op Sondag, 4 Oktober 2026, deur onbekende verdagtes ontvoer. Hy het daarin geslaag om om sy vrou te bel voordat die oproep skielik kortgeknip is. Hy is toe as as vermis aangemeld.
Op Dinsdag, 6 Oktober, is Adams se grys Hyundai ix35 verlate in Klippan, Welkom, gevind. Sy selfoon en ander persoonlike besittings is in die voertuig gevind, maar daar was geen teken van hom nie.
Die Welkom-eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdade (SVC) het bevestig dat Adams steeds weg is en dat die motief vir die ontvoering nog onduidelik is. Die soektog na die slagoffer en verdagtes duur voort.
Enigeen met inligting kan speurder-sersant Tsie Matlokotsi van die Welkom-SVC-eenheid by 078 758 5658 kontak of Stop Misdaad by 08600 1011, of ‘n anonieme wenk via die MySAPS-App stuur. Die SAPD het verseker dat alle inligting streng vertroulik hanteer sal word.
Dogter raak bekommerd, polisie kry lyk
Vrou (61) op haar bed vermoor
MISDAADTONEEL: Allanridge, Vrystaat: ‘n Bejaarde vrou is wreed in haar eie huis vermoor en naak op haar bed agtergelaat.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die moord op die 61-jarige vrou wat dood by haar huis in Nyakallong, Allanridge gevind is. Haar hande en voete was met ‘n tou vasgebind.
Die Allanridge-polisie het Maandag 7 September 2026 omstreeks 12:00 ‘n klag ontvang nadat die vrou se dogter en kollegas haar nie in die hande kon kry nie.
“Kollegas het bekommerd geraak toe sy nie vir werk opdaag nie. Hulle het haar dogter onmiddellik in kennis gestel, wat toe die polisie gekontak het.
“Die polisie het onmiddellik ondersoek ingestel en nadat hulle die huis binnegegaan het, is die vrou naak op die bed in die slaapkamer gevind.
“Die motief vir die moord is in hierdie stadium onduidelik,” het die SAPD gesê.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat tot die arrestasie van die verdagte(s) kan lei om na vore te kom.
Sersant Tshidiso Mabaso van die Allanridge-speurders kan gekontak word by 082 466 8193. Alternatiewelik, kontak Stop Misdaad by 08600 10111 of stuur ‘n anonieme wenk via die MySAPS-App. Inligting sal streng vertroulik behandel word.
