Man begin skielik op ander passasiers losbrand

Drie sterf ná skietery in kar

MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Een persoon het Woensdag, 16 September 2026, drie mans in Makhaza doodgeskiet.

‘n Woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC Van Wyk, sê provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad, volg leidrade op om die verdagte wat vir die dood van die drie mans verantwoordelik is, vas te trek.

Van Wyk sê die Makhaza-polisie het drie aanklagte van moord geregistreer ná die skietvoorval wat omstreeks 12:30 in Joe Gqabi-straat, Town Two, Makhaza, plaasgevind het.

“Polisiebeamptes het die liggaam van ‘n volwasse man met verskeie skietwonde binne ‘n grys Toyota-voertuig gevind. Ongeveer 500 meter van die motor af is nog ‘n liggaam van ‘n volwasse man met verskeie skietwonde gevind.

“Die derde liggaam is in Tabang-straat gevind. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat al drie oorledenes in die Toyota was toe ‘n ander passasier skielik op mede-passasiers begin skiet.

“Die verdagte het daarna gevlug. Die motief vir die skietery moet nog vasgestel word,” het Van Wyk gesê.

Enige persoon wat inligting oor die omstandighede van dié skietvoorval het of weet waar die verdagte hom bevind van die verdagte, word vriendelik versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel of die mobiele MySAPS-App anoniem te gebruik.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*