Verdagtes vlug na bewering in twee motors

Skietery ruk Strandfontein

JONGSTE! Die bevelvoerder van die Wes-Kaapse provinsiale mediasentrum, luitenant-kolonel F.C. van Wyk, bevestig die voorval het Saterdagmiddag, 17 Oktober 2026, omstreeks 17:30 in Dinghie-sirkel plaasgevind.

Van Wyk sê twee mans, onderskeidelik 33 en 44-jaar-oud, is noodlottig gewond, terwyl twee ander beseer is. “Volgens berigte het twee wit VW Polo’s, met onbekende registrasienommers, tot by die slagoffers gery en op hulle geskiet, waarna die insittendes van die toneel gevlug het. Daar word vermoed dat die motief bende-verwant is.”

Enigeen met inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak of die MySAPS-App anoniem gebruik.

MISDAADTONEEL: Strandfontein, Kaapstad: Strandfontein is Saterdagmiddag, 17 Oktober 2026, deur ‘n skietvoorval in Dinghie Circle geskok.

Onbevestigde berigte dui daarop dat drie mense voor ‘n huis geskiet is deur verdagtes wat in twee motors gevlug het.

Die skietery het plaasgevind kort nadat data van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig het dat Strandfontein volgens statistieke een van die veiligste voorstede in Kaapstad is, met ‘n misdaadsyfer wat ver onder die Stad se gemiddeld is.

Volgfens die statistieke vanaf April tot Junie 2026 het die Strandfontein-polisiedistrik ‘n misdaadsyfer van slegs 3,42% aangeteken, wat beter is as die algehele gemiddeld van 5,11% vir die Stad Kaapstad. Slegs vyf van die stad se 63 polisiedistrikte het gedurende hierdie tydperk minder misdade gehad.

Iemand het op sosiale media die volgende gesê: “In die helder daglig op ‘n Saterdagmiddag. Ek kan nie glo hoeveel skote afgevuur is nie. Dit was hard.”

Crime Scene Report wag op amptelike kommentaar van die polisie oor hierdie voorval.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*