15-jarige tussen verdagtes in Eldorado Park
Vier jonges vas vir e-hailing roof
MISDAADTONEEL: Eldorado Park, Johannesburg: Vier jong verdagtes, insluitend ‘n 15-jarige, is gearresteer ná die gewapende roof van ‘n e-hailing-bestuurder.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vinnige ondersoekwerk deur lede van Eldorado Park Misdaadintelligensie, speurders en Sigbare Polisiëring (VISPOL) tot die arrestasies gelei.
Die voorval het Dinsdag, 27 Oktober 2026, omstreeks 11:00 in Uitbreiding 7, Eldorado Park plaasgevind. Die 20-jarige e-hailing-bestuurder, wat in ‘n wit Toyota Etios gery het, moes ‘n passasier in Maine-straat laai.
“Toe die bestuurder daar opdaag het ‘n vroulike verdagte in die voorste passasiersitplek ingeklim en gesê hy moet vir haar broers wag. Twee manlike verdagtes daarna opgedaag.
“Een verdagte het die voertuig se handrem opgetrek en die bestuurder is van kontant, sy bestuurslisensie, identiteitsdokument en bankkaarte beroof. ‘n Vierde verdagte, wat buite die voertuig gestaan het, het ‘n skoot afgevuur en die bestuurder se selfoon geëis. Die verdagtes het egter van die toneel gevlug sonder om die selfoon te vat.
“Die polisie het later inligting bekom oor waar die verdagtes hulle bevind en vinnig opgetree om hulle te arresteer. Die verdagtes, tussen die ouderdom van 15 en 21-jaar, sal tereg staan op aanklagte wat verband hou met gewapende roof en vuurwapen oortredings,” het die SAPD gesê.
Related News
E-hailing suspects swiftly nabbed
CRIME SCENE: Eldorado Park, Johannesburg: Four young suspects, including a 15-year-old, have been arrested followingRead More
Police recover five guns
CRIME SCENE: Walmer, Gqeberha: A search for a multiple murder suspect has led the SouthRead More
