Polisie sersant met meswond bors aangetref
Meisie vas ná steekdood
JONGSTE! Marionelle Botha (32) van Pacaltsdorp het in die George-landdroshof verskyn in verband met die dood van ‘n polisiebeampte wat op 25 Oktober 2026 met ‘n mes gesteek is. Botha se saak is uitgestel tot 5 November 2026 vir ‘n formele bortogaansoek.
MISDAADTONEEL: Pacaltsdorp, George: ‘n Sersant in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se meisie is gearresteer nadat hy doodgesteek is.

Die 32-jarige vrou sal na verwagting op 27 Oktober 2026 in die George-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 44-jarige sersant.
Die SAPD het gesê sy lede is Sondag, 25 Oktober 2026, na ‘n misdaadtoneel in Hedge-weg, Pacaltsdorp, ontbied, waar ‘n buurman die slagoffer met ‘n steekwond in sy bors gevind het.
Die verdagte is gesien toe sy die sersant se huis verlaat het. Hy was ten tyde van die voorval afdiens. ‘n Ondersoek het later tot die arrestasie van die vrou gelei.
Related News
Cop’s girlfriend bust for murder
UPDATE! Marionelle Botha (32) from Pacaltsdorp has appeared in the George Magistrate’s Court, in connectionRead More
Tuynhuys intruder arrested
CRIME SCENE: Cape Town: A man will appear in court on Thursday, 29 October 2026Read More
