Twee mans in arres nadat een spring en vlug

Amperse ongeluk lewer dwelms

MISDAADTONEEL: Steenberg, Kaapstad: ‘n Bestuurder wat so byna ‘n motorongeluk veroorsaak het, het daartoe gelei dat die polisie op dwelms afgekom en twee verdagtes gearresteer het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die arrestasies op Dinsdag, 27 Oktober 2026, plaasgevind danksy die oplettendheid van lede van Operasie Prosper wat in die Steenberg-polisieringsgebied ontplooi is.

“Die lede was besig met patrollies in Botma-straat om bende-geweld in die gebied te stuit, toe hulle ‘n voertuig opmerk wat byna ‘n ongeluk veroorsaak het. Hulle het die voertuig afgetrek en ‘n passasier het uitgespring en probeer vlug, maar is gou vasgetrek.

“Tydens ‘n deursoeking van die voertuig het die lede 250 Mandrax-tablette en 30 klein pakkies Tik gevind. Twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 28-jaar-oud, is gearresteer vir die besit van dwelms,” het die SAPD gesê.

In ‘n afsonderlike voorval het die lede ‘n perseel in Capricorn Square deursoek, waar hulle dagga-produkte gekonfiskeer en ‘n 33-jarige buitelandse burger gearresteer het vir handel in dagga.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*