Polisie ondersoek omstandighede rondom voorval
Ma vas na baba verdwyn
MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: Die Grassy Park polisie het ‘n 31-jarige vrou gearresteer na die verdwyning van ‘n pasgebore babadogtertjie.

Volgens berigte het die ma Saterdag 2 Mei 2026 by Retreat daghospitaal se kraameenheid geboorte gegee. Die baba is Saterdag laas gesien terwyl sy saam met die ma in ‘n taxi vanaf Retreat na Lotusrivier gereis het.
Die twee is na bewering saam op die hoek van Buckweg en Vierde-laan, Lotusrivier afgelaai, maar die ma het allleen by die huis opgedaag.
Volgens die berigte was die baba toegedraai in ‘n pienk receiver en ‘n navy blue fleece kombers.
Lede van die Lotus River-gemeenskap het Saterdagaand 2 Mei 2026 na die baba gesoek, maar die soektog moes gestaak word weens skietery in die gebied, volgens die berigte. Teen Sondagmiddag 3 Mei 2026 was die baba nog nie gevind nie.
‘n Saak is Saterdag 2 Mei 2026 aanhangig gemaak, en die omstandighede rondom die verdwyning van die kind word ondersoek, volgens die polisie.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die saak om Crime Stop by 08600 10111 te kontak of die MySAPS-mobiele App anoniem te gebruik.
Related News
18 die in two crashes
ACCIDENT SCENE: Two accidents claimed 18 lives on South African lives in the space ofRead More
Twee oornag doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Macassar, Kaapstad: ‘n Man is Donderdagaand, 30 Julie 2026 hier doodgeskiet. Volgens ‘n woordvoerderRead More
