9 verdagtes in Khayelitsha en Saldanha vas
Polisie red ontvoerde sakeman
MISDAADTONEEL: Summer Greens, Kaapstad: ‘n Polisie soektog wat in Summer Greens naby Milnerton begin het en speurders eers na Khayelitsha gelei het, het Maandagaand 1 Junie 2026 in Saldanha geëindig waar ‘n ontvoerde sakeman gered is.

Volgens ‘n polisie media skakelbeampte, brigadier Novela Potelwa, word beweer dat die 51-jarige sakeman en ander bewoners op 25 Mei 2026 in ‘n huis in Summer Greens beroof is.
Sewe verdagtes het die mense in die huis van selfone en ‘n groot bedrag kontant beroof voordat hulle die sakeman ontvoer en ‘n losprys geëis het, het Potelwa gesê.
“Na die ontvoering het lede van die anti-ontvoeringstaakspan in die Wes-Kaap, intelligensie-operateurs en spesiale taakmaglede Vrydagaand 29 Mei 2026 op verskeie persele in Makhaza, Khayelitsha, toegesak waar hulle vyf verdagtes gearresteer het.
“Verdere inligting het die taakspan na ‘n huis in Basil February-straat in Saldanha gelei waar ‘n persoon gearresteer is. Hulle het later op ‘n ander huis in Noordsestraat, ook in Saldanha, toegeslaan waar die gyselaar gered en drie verdagtes gearresteer is.
“Die gyselaar, wat vasgebind was en beseer voorgekom het, is na ‘n mediese fasiliteit geneem vir behandeling,” het sy gesê.
Die verdagtes, sewe mans en twee vroue tussen die ouderdomme van 20 en 50-jaar, sal na verwagting Woensdag 3 Junie in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom, vuurwapens en ammunisie, asook roof, ontvoering en afpersing.
Die Wes-Kaapse SAPD-bestuur het die anti-ontvoeringstaakspan geprys vir die goeie spuerwerk wat gelei het tot die redding van die gyselaar en arrestasies.
Related News
High drama as hostage rescued
CRIME SCENE: Summer Greens, Cape Town: A police search that started in Summer Greens nearRead More
Polisie waarsku betogers teen geweld
MISDAADTONEEL: Mosselbaai, Suid-Kaap: Polisie versterkings is hier ontplooi om kalmte en orde in die gebiedRead More
