Twee mans deur die kop geskiet
Gru-ontdekking by spoorlyn
MISDAADTONEEL: Maitland, Kaapstad: Die liggame van twee mans met skietwonde aan die koppe is langs die spoorlyn by ‘n plakkerskamp in Maitland gevind.

Dié grusame ontdekking is Vrydagoggend, 5 Junie gemaak.
Volgens Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor is die liggame van die twee mans op die spoorlyn langs die Oya-informele nedersetting ontdek.
“Twee moordsake is by die Maitland-polisiestasie aanhangig gemaak na die ontdekking van twee liggame met skietwonde aan hul koppe. Die motief is tans onbekend en die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Mpendukana gesê.
Related News
Police bust drug lab worth millions
CRIME SCENE: Erasmia, Pretoria: Two foreign nationals have been arrested following the discovery of aRead More
Shooting: Police make breakthrough
CRIME SCENE: Worcester, Western Cape: A suspected gang shooting has led to the arrest ofRead More
