Gemeenskap val beamptes aan
Stad se polisie vang meer as 500
Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het 527 verdagtes in die laaste week gearresteer – ‘n rekord vir die Direktoraat vir Veiligheid en Sekuriteit.

Die Stad sê egter twee van sy personeellede is aangeval gedurende die uitvoer van hul pligte. Op Saterdag 20 Junie 2026 het Metro-polisiebeamptes in Manenberg onder skoot gekom toe hulle reageer het op ‘n skietery. Hulle het terug geskiet en twee van die verdagtes gewond. Hulle is later by plaaslike fasiliteite gearresteer terwyl hulle mediese hulp gesoek het.
In Macassar, op Sondag 21 Junie 2026, is beamptes deur gemeenskapslede aangeval terwyl hulle ‘n verdagte gearresteer het wat in besit van dwelms en ‘n gevaarlike wapen gevind is.
Twee beamptes is vir geringe beserings behandel en die verdagte is na die Macassar SAPD vervoer.
In die afgelope week het wetstoepassingsbeamptes 321 arrestasies gemaak en twee vuurwapens, ‘n nagemaakte vuurwapen wat in ‘n rooftog gebruik is, sowel as 400 Mandrax-tablette en 96 pakkies Tik teruggevind.
Metropolisiebeamptes het 150 mense gearresteer en een nagemaakte-vuurwapen, twee 9 mm-pistole en 27 rondtes ammunisie teruggevind.
Verkeersbeamptes het 56 verdagtes gearresteer, 133 openbare vervoervoertuie in beslag geneem en 884 lasbriewe vir arrestasie uitgevoer.
Inwoners word daaraan herinner om kriminele aktiwiteite aan te meld deur die Stad se openbare noodkommunikasie-sentrum te skakel by 021 480 7700.
Related News
City cops come under attack
The City of Cape Town’s (COCT) law enforcement agencies arrested 527 suspects in a singleRead More
Polisie soek dié mans
MISDAADTONEEL: Table View, Kaapstad: Speurders verbonde aan die Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdade in dieRead More
