Polisie maak gru-vonds in Kewtown
Vrou se lyk in swart sak gevind
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Die liggaam van ‘n vrou is Donderdagoggend, 23 Junie 2026 in Kewtown, Athlone, ontdek.

Volgens Thembakazi Mpendukana van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het die Athlone-polisie omstreeks 10:00 die ontbinde liggaam van ‘n onbekende vrou in ‘n sak in Cross Boulevard, Kewtown, ontdek.
“’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal,” het Mpendukana gesê.
Oral op sosiale media is die daad as boos beskryf en mense wou weet wanneer al die moorde in die land gaan stop.
Related News
Woman’s body found in black bag
CRIME SCENE: Athlone, Cape Town: A body of a woman was discovered in Kewtown, AthloneRead More
Polisie vind stoor vir dwelms
MISDAADTONEEL: Heideveld, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n dwelm stoor wat aan ‘n plaaslikeRead More
