14 ook beseer in botsing tussen minibus en motor

Drie sterf in N2-ongeluk

ONGELUKSTONEEL: Ten minste drie mense is dood en 14 beseer in ‘n ongeluk op die N2 naby Heidelberg Dinsdagoggend, 7 Julie 2026.

Die ongeluk het omstreeks 10:00 tussen ‘n minibus en ‘n motorvoertuig in die rigting van Swellendam plaasgevind, volgens bronne op die toneel.

Die Wes-Kaapse hoofdirekteur vir verkeersbestuur, Maxine Bezuidenhoud, het bevestig dat drie mense op die toneel dood verklaar is.

Die Heidelberg-polisie het ‘n saak van strafbare manslag geopen.

Bezuidenhoud het padgverbruikers om versigtig in die gebied te bestuur.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*