Polisie slaan toe op bergingsfasiliteit in Stellenbosch
R12-m se onwettige drank gevind
MISDAADTONEEL: Stellenbosch: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het onwettige drank ter waarde van R12 miljoen by ‘n bergingsfasiliteit gekonfiskeer.

Volgens die SAPD het ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie, die Wes-Kaapse Drankowerheid en die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gelei tot die beslaglegging van die onwettige drank in Plankenburg, Stellenbosch.
Die polisie het inligting van die Wes-Kaapse Drankowerheid oor die fasiliteit in Stellenbosch ontvang. Die plek is vir ‘n tyd dop gehou en op Donderdag 16 Julie 2026 het lede toegeslaan, wat gelei het tot die konfiskering van ‘n groot hoeveelheid drank.
Die SAID se doeane-eenheid het die drank gekonfiskeer, en die polisie het ‘n saak vir verdere ondersoek geopen. Geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie.
Related News
Vrou vas oor 2 onwettige wapens
MISDAADTONEEL: Bishop Lavis, Kaapstad: ‘n Vrou is gearresteer nadat die polisie twee onwettige vuurwapens enRead More
Nóg ‘n polisie kaptein geskiet
MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Nog ‘n polisie kaptein in die Wes-Kaap is geskiet. Volgens sersant WesleyRead More
