Vrou (22), man (35) vir verberging aangekla

Twee verskyn oor babalykie

MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Jong vrou en man sal na verwagting, Woensdag 22 Julie 2026 in die hof verskyn na die ontdekking van ‘n pasgebore baba in ‘n vlak graf.

Die nuus van die baba wat gesoek word het na 16:30 op Sondag, 19 Julie 2026 soos ‘n veldbrand deur die Hanover Park-gemeenskap versprei.

Nadat die owerhede in kennis gestel is, is ‘n soektog van stapel gestuur. Omstreeks 23:00 Sondagaand is die baba se liggaam, toegedraai in plastiek, in ‘n vlak graf op ‘n oop veld langs  Downberg-weg gevind.

‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, Thembakazi Mpendukana, het gesê die polisie het ‘n saak van verberging van geboorte geopen. Mpendukana het bevestig ‘n 23-jarige vrou en 35-jarige man is gearresteer en sal na verwagting Woensdag hul eerste verskyning in die Athlone-landdroshof maak.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*