Polisie soek inligting om boewe vas te trek
Kerk se klok kry voete
MISDAADTONEEL: Bethelsdorp, Oos-Kaap: Die klok se lui by ‘n kerk hier het stil geword nadat boewe dit gegaps het.

Die Bethelsdorp-polisie doen nou ‘n beroep op die gemeenskap vir inligting na aanleiding van die diefstal van die koperklok.
Volgens die polisie was die kerk gesluit en alles nog reg om 12:00 op Sondag, 27 September 2026.
Die situasie het egter verander toe die kerk se sleutelhouer, omstreeks 15:00 Dinsdag, 29 September 2026, opdaag en ontdek dat die klok nie meer op sy gewone plek hang nie. ‘n Diefstalklag is aanhangig gemaak en die ondersoek duur voort.
Enigeen met inligting, of wat genader word om die klok te koop of verkoop, word versoek om sers. Kechia Erasmus by 072 388 7202 te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel, of inligting anoniem via die MySAPS-toepassing deur te gee.
Related News
Thieves pinch church bell
CRIME SCENE: Bethelsdorp, Eastern Cape: Unholy thieves have made off with a solid copper churchRead More
Munisipale top bestuur agter tralies
Jongste! Die Knysna-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig dat twee senior amptenare en ‘n voormaligeRead More
