Verdagtes vlug na bewering in twee motors
Skietery ruk Strandfontein
MISDAADTONEEL: Strandfontein, Kaapstad: Strandfontein is Saterdagmiddag, 17 Oktober 2026, deur ‘n skietvoorval in Dinghie Circle geskok.

Onbevestigde berigte dui daarop dat drie mense voor ‘n huis geskiet is deur verdagtes wat in twee motors gevlug het.
Die skietery het plaasgevind kort nadat data van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig het dat Strandfontein volgens statistieke een van die veiligste voorstede in Kaapstad is, met ‘n misdaadsyfer wat ver onder die Stad se gemiddeld is.
Volgfens die statistieke vanaf April tot Junie 2026 het die Strandfontein-polisiedistrik ‘n misdaadsyfer van slegs 3,42% aangeteken, wat beter is as die algehele gemiddeld van 5,11% vir die Stad Kaapstad. Slegs vyf van die stad se 63 polisiedistrikte het gedurende hierdie tydperk minder misdade gehad.
Iemand het op sosiale media die volgende gesê: “In die helder daglig op ‘n Saterdagmiddag. Ek kan nie glo hoeveel skote afgevuur is nie. Dit was hard.”
Crime Scene Report wag op amptelike kommentaar van die polisie oor hierdie voorval.
Related News
Strandfontein rocked by shots
CRIME SCENE: Strandfontein, Cape Town: The suburb of Strandfontein was rocked by a shooting incidentRead More
Tik-sukses vir wetstoepassers
MISDAADTONEEL: Mandela City, Klapmuts: Wetstoepassing-beamptes van die Stellenbosch-munisipaliteit het ‘n verdagte gearresteer en Tik gekonfiskeerRead More
