Verdagtes op vlug in VW Polo

Man in kar afgemaai

MISDAADTONEEL: Die polisie is op soek na ten minste twee verdagtes nadat ’n 30-jarige man in sy motor doodgeskiet is.

Die voorval het vroeg Vrydagaand, 23 Oktober 2026, plaasgevind.

Konstabel Ndakhe Gwala, ’n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê die Grassy Park-polisie het ’n saak van moord geopen ná die skietery omstreeks 18:15.

“Volgens berigte het die oorledene in sy kar gesit toe hy deur twee verdagtes genader is. Albei het hom in die kop geskiet en in ’n wit VW Polo van die toneel gevlug. Die 30-jarige man is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Die aanval is bende-verwant en niemand is tot dusver gearresteer nie,” het Gwala gesê.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*