Man (21) sterf, seun (13) gewond in een voorval

Drie in Belhar geskiet

MISDAADTONEEL: Belhar, Kaapstad: ‘n 21-jarige man is doodgeskiet en ‘n 13-jarige seun is gewond tydens ‘n skietvoorval Sondagoggend, 1 November 2026.

Iemand is langs die Engen garage geskiet.

‘n Woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, sê die Belhar-polisie het aanvanklik twee aanklagte van poging tot moord oopgemaak ná die voorval wat omstreeks 08:50 in Buren-straat plaasgevind het.

“Polisielede is na die misdaadtoneel ontbied waar hulle die slagoffers met skietwonde aan hul liggame aangetref het. Albei slagoffers is na ‘n mediese fasiliteit geneem vir behandeling.

“Die 21-jarige man het egter later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en niemand is nog gearresteer nie,” het Twigg gesê.

In ‘n ander skietvoorval in Belhar is daar berig dat ‘n man Saterdagaand langs die Engen-vulstasie in Belhar-rylaan gewond is.

Enigiemand met enige inligting oor die voorvalle kan Crime Stop skakel by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*