Operasie lewer 1200 arrestasies in Mei
Prosper se druk gaan versterk
NASIONAAL: Operasie Prosper het gedurende Mei meer as 1200 mense agter tralies gesit vir ernstige misdrywe.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) sê egter dit is ver van genoeg en hulle gaan voort om georganiseerde kriminele netwerke wat betrokke is by onwettige mynbou, bende verwante geweld en ander ernstige en gewelddadige misdade te beveg.
Gedurende Mei 2026 het gekoördineerde multi-dissiplinêre operasies in vyf provinsies gelei tot die arrestasie van 1 287 verdagtes.
Die verdagtes is gearresteer vir misdade wat insluit onwettige mynbou oortredings, moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, oortreding van die Immigrasiewet en verskeie ander ernstige oortredings.
Operasie Prosper bestaan uit personeel van verskeie wetstoepassings- en sekuriteitsagentskappe wat ontplooi is in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, en Noordwes.
Operasionele aktiwiteite sluit in patrollies met hoë sigbaarheid, voertuig kontrolepunte, padversperrings, stop-en-deursoek-operasies en intelligensie-gedrewe aksies.
Arrestasies vir Mei sluit in:
▪ Agt verdagtes vir moord
▪ 384 verdagtes vir dwelmverwante oortredings
▪ Vier verdagtes vir aanranding ernstig
▪ Nege verdagtes vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie
▪ Ses vir die onwettige besit van ammunisie
▪ Vier verdagtes vir die onwettige besit van materiaal wat goud bevat
▪ 363 vir die oortreding van die Immigrasiewet
▪ Sewe verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom
▪ 502 mense vir oortredings wat insluit roof, besit van gevaarlike wapens, kwaadwillige saakbeskadiging, oortreding van die Wet op tweedehandse goedere, oortreding van die Padverkeerswet, bedrog en drank verwante oortredings
Items wat terug gevind is sluit in:
▪ 31 onwettige en ongelisensieerde vuurwapens en 11 replika-vuurwapens
▪ 1 703 rondtes ammunisie en 7 magasyne
▪ 13 740 liter onwettige alkohol
▪ Een gesteelde voertuig
▪ Verskeie hoeveelhede dwelms, insluitend dagga, Mandrax, Heroïen en CAT
Operasie Prosper vorm deel van die nasionale misdaadbestryding-inisiatief wat deur president Cyril Ramaphosa tydens sy 2026 Staatsrede aangekondig is.
Die SAPD en SANDF sê hulle bly daartoe verbind om saam met ander wetstoepassing-agentskappe en die regering te werk om te verseker dat kriminele netwerke ontwrig, oortreders aanspreeklik gehou en gemeenskappe beveilig word.
“Operasie Prosper sal in sy volgende fase voortgaan om druk op misdadigers toe te pas.” – Bron SAPD
Related News
Man vroegoggend doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Man (38) is vroeg Saterdagoggend, 6 Junie 2026, hier doodgeskiet.Read More
Man killed in early hours
CRIME SCENE: Hanover Park, Cape Town: A 38-year-old man was shot and killed in theRead More
