Skietery in Hanover Park
Man vroegoggend vermoor
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Man is in die vroeë oggendure van Woensdagoggend, 10 Junie 2026, doodgeskiet.

Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie het die Philippi-polisie ‘n moordsaak geregistreer na die skietvoorval in Ryburgweg, Hanover Park, waar die liggaam van ‘n onbekende man gevind is.
“Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar nadat hy ‘n skietwond aan sy kop opgedoen het. Omstandighede rondom hierdie voorval word ondersoek. Die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
Enigiemand met inligting kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die mobiele MySAPS-app anoniem gebruik.
Related News
Man in kar afgemaai
MISDAADTONEEL: Die polisie is op soek na ten minste twee verdagtes nadat ’n 30-jarige manRead More
Police raid drug lab
CRIME SCENE: Ramokokastad, North West Province: Four people, including two 71-year-old women, have been arrestedRead More
