Philippi polisie

 
 

Moord in Hanover Park

Man vroegoggend doodgeskiet

MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Man (38) is vroeg Saterdagoggend, 6 Junie 2026, hier doodgeskiet.

Die polisie het sê die skietery het omstreeks 03:10 in Johndown Walk plaasgevind. Toe die polisie van Philippi op die toneel aankom, het hulle die man se liggaam met skietwonde aan sy kop gevind.

Hy is deur mediese personeel dood verklaar. Die polisie ondersoek die motief agter die skietery. Geen arrestasies is nog gemaak nie.