Hanover Park skietery
Skietery in Hanover Park
Man vroegoggend vermoor
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Man is in die vroeë oggendure van Woensdagoggend, 10 Junie 2026, doodgeskiet.

Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie het die Philippi-polisie ‘n moordsaak geregistreer na die skietvoorval in Ryburgweg, Hanover Park, waar die liggaam van ‘n onbekende man gevind is.
“Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar nadat hy ‘n skietwond aan sy kop opgedoen het. Omstandighede rondom hierdie voorval word ondersoek. Die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
Enigiemand met inligting kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die mobiele MySAPS-app anoniem gebruik.
Polisie kry slagoffer in straat lê
Kopskote eis jongman
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n 20-jarige man is vroeg Maandagoggend, 8 Junie 2026, verskeie kere in die kop geskiet en het op die toneel gesterf.

Kaptein FC van Wyk, ‘n media skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, sê die Philippi polisie is omstreeks 05:00 na die skietvoorval in Primrose-straat, Hanover Park, ontbied.
Toe die polisie by die toneel opdaag, het hulle die slagoffer in die straat kry lê. Hy het veelvuldige skietwonde aan die kop gehad. ‘n Moordsaak is geopen en die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Enigiemand met inligting word vriendelik versoek om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111.
