71-jarige maak skietgoed na bewering by huis
Ou man vas oor vals wapens
NASIONAAL: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n bejaarde man gearresteer vir die beweerde modifikasie en verkoop van replika-vuurwapens.

Volgens die SAPD het die eThekwini Distriksopsporing-eenheid ‘n operasie in Cato Manor uitgevoer nadat inligting oor die verdagte ontvang is.
Daar is verder beweer dat hy die gemodifiseerde vuurwapens en ammunisie aan buitelanders verkoop.
Tydens die operasie het die polisie op die volgende beslag gelê: drie 9 mm-pistole, twee tuisgemaakte haelgewere, 11 lope en agt pistool slides. Ander items wat teruggevind is, is magasyne, ammunisie, leë patrone, ‘n sweis masjien, ‘n boor en ‘n grinder.
‘n 71-jarige verdagte is gearresteer en aangekla vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, het die SAPD gesê.
Related News
Three held for taxi murder
CRIME SCENE: Cape Town: Law enforcement agencies have arrested three suspects shortly after a taxiRead More
Robbery suspects behind bars
CRIME SCENE: Gauteng: The Tshwane Murder and Robbery Unit have arrested several suspects linked toRead More
