71-jarige maak skietgoed na bewering by huis

Ou man vas oor vals wapens

NASIONAAL: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n bejaarde man gearresteer vir die beweerde modifikasie en verkoop van replika-vuurwapens.

Volgens die SAPD het die eThekwini Distriksopsporing-eenheid ‘n operasie in Cato Manor uitgevoer nadat inligting oor die verdagte ontvang is.

Daar is verder beweer dat hy die gemodifiseerde vuurwapens en ammunisie aan buitelanders verkoop.

Tydens die operasie het die polisie op die volgende beslag gelê: drie 9 mm-pistole, twee tuisgemaakte haelgewere, 11 lope en agt pistool slides. Ander items wat teruggevind is, is magasyne, ammunisie, leë patrone, ‘n sweis masjien, ‘n boor en ‘n grinder.

‘n 71-jarige verdagte is gearresteer en aangekla vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, het die SAPD gesê.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*