Man sterf, 2 gewond in oggend-aanval
Skietery skud buurt
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: ‘n Vermeende bende skietery het Newfields Village Donderdagoggend 23 Julie 2026 geskud toe ‘n man doodgeskiet en twee ander gewond is.

‘n Skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC Van Wyk, sê die polisie van Philippi het die skietvoorval in Blossomstraat, Newfields Village, Hanover Park omstreeks 10:00 bygewoon.
“Hulle het die liggaam van ‘n 36-jarige man met ‘n skietwond aan sy kop gevind. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
“Twee ander slagoffers, onderskeidelik 21 en 30-jaar-oud, is ook getref en met privaat vervoer na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem. Die 21-jarige het veelvuldige skietwonde aan sy maag en kop opgedoen en die 30-jarige is in sy linkerbeen en arm gewond.
“’n Moord en twee aanklagte van poging tot moord is geregistreer en die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
Hy het enigiemand met inligting versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak of die MySAPS-App anoniem te gebruik.
Related News
Lyk spoel in Strand uit
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat ‘n man se liggaam langsRead More
Body found on Strand Beach
THE South African Police Service (SAPS) have opened an inquest docket following the discovery ofRead More
