Kleivlei dwelms
Polisie slaan in Delft en Kuilsrivier toe
Lockdown betrap 3 verdagtes
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n 32-jarige man is gearresteer nadat die polisie na bewering ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in sy besit gevind het.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Operasie Lockdown 3 het Woensdag 19 Augustus 2026 ‘n operasie uitgevoer nadat hulle inligting ontvang het.
Die verdagte is in Bhangane-straat, Leiden, Delft, gearresteer en sal in die Bellville-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.
Die operasie het toe na Kleinvlei beweeg waar die polisie ‘n verdagte se woning in Dombeya-straat, Meltonrose, deursoek het. Dit het gelei tot die ontdekking van ses Mandrax-tablette en 17 tik-strooitjies wat onder ‘n bed versteek was. Die 40-jarige man is gearresteer vir handel in dwelms.
In Blombosstraat, ook in Meltonrose, is ‘n 65-jarige man gearresteer vir die besit van dwelms nadat 23 tik-strooitjies en 35 Mandrax-tablette in ‘n huis gevind is.
