Tuesday, September 1st, 2026
Operasie Lockdown betrap ook twee met dwelms,
Vrou vas oor 2 onwettige wapens
MISDAADTONEEL: Bishop Lavis, Kaapstad: ‘n Vrou is gearresteer nadat die polisie twee onwettige vuurwapens en ammunisie in ‘n huis hier gevind het.

Lede van Operasie Lockdown 3 het Sondagaand, 30 Augustus 2026 inligting ontvang oor vuurwapens wat by ‘n perseel in Reenbergstraat, Bishop Lavis aangehou word.
Volgens die polisie het hulle die perseel deursoek en ‘n 9 mm-pistool sonder ‘n reeksnommer, met ammunisie, en ‘n .45-rewolwer in die huis gevind.
‘n 41-jarige vrou is gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
In Simon’s Berg-straat het die lede ‘n perseel deursoek waar hulle 18 Mandrax-tablette gevind en ‘n 32-jarige man gearresteer het vir die besit van dwelms, het die polisie gesê.
Bonteheuwel: Die lede het ‘n ander perseel in Assegaai-straat, Bonteheuwel, deursoek en 130 Mandrax-tablette, 57 klein pakkies met Tik en 20 heroïenstrooitjies in die huis gevind. Hulle het ‘n 31-jarige man gearresteer vir die besit van dwelms.
Twee mans gearresteer ná skietery in Harare
Nóg ‘n polisie kaptein geskiet
MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: Nog ‘n polisie kaptein in die Wes-Kaap is geskiet.

Volgens sersant Wesley Twigg, ‘n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, is die kaptein Dinsdagoggend, 1 September omstreeks 06:50 in Ntlazane-straat, Nkanini, Harare, gewond.
“Die Harare-polisie het sake van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging geopen ná Dinsdagoggend se skietvoorval.
“Polisievoertuie is ook tydens die skietery beskadig. Die beampte is na ‘n mediese fasiliteit vervoer vir behandeling. Ons kan bevestig dat twee mans gearresteer is,” het Twigg gesê.
Dit is die tweede polisiekaptein in ‘n week wat geskiet is. Verlede Woensdag, 26 Augustus 2026 is kaptein Zamani Mzayiya, in Knysna doodgeskiet.
Mzayiya was deel was van die Wes-Kaapse Taktiese Reaksiespan en is in Knysna ontplooi as deel van die onderskoek span vir die moord op raadslid en voormalige Knysna-burgemeester, Aubrey Tsengwa.
Two suspects arrested following shootout with cops
Another police captain shot
CRIME SCENE: Khayelitsha, Cape Town: Another Western Cape police captain has been shot by thugs.

According to Sergeant Wesley Twigg, a media liaison officer for the Western Cape police, the officer was shot and wounded on Tuesday morning, 1 September at about 06:50 in Ntlazane Street, Nkanini, Harare,
“Harare police registered attempted murder and malicious damage to property cases for investigation following the shooting incident on Tuesday morning in which a police captain was shot and wounded.
“Police vehicles were also damaged during the shooting. The officer was transported to a medical facility for treatment. We can confirm that two adult males were arrested,” said Twigg.
This is the second police captain to be shot in a week. Last Wednesday, 26 August 2026 Captain Zamani Mzayiya, who was part of the Western Cape Provincial Tactical Response Team and deployed in Knysna as part of investigations into the murder of councillor and former Knysna mayor, Aubrey Tsengwa, died in a shooting incident in the popular holiday town.
Two more suspects also arrested for drugs
Woman nabbed for illegal guns
CRIME SCENE: Bishop Lavis, Cape Town: A woman has been arrested after police found two illegal firearms and ammunition in a house here.

Members of Operation Lockdown 3 followed up information about firearms at a premises in Reenberg Street, Bishop Lavis, on Sunday night, 30 August 2026.
According to the police they searched the premises and found a 9mm pistol without a serial number with ammunition, and a .45 revolver hidden in the house. A 41-year-old woma was arrested for the possession of a prohibited firearm, possession of an unlicensed firearm and illegal possession of ammunition.
In Simon’s Berg Street, the members searched a premises where they found 18 Mandrax tablets and arrested a 32-year-old male for the possession of drugs, said the police.
Bonteheuwel: The members searched another premises in Assegaai Street, Bonteheuwel, and found 130 Mandrax tablets, 57 small packets containing Tik and 20 heroin straws in the house. They arrested a 31-year-old man for the possession of drugs.
Verdagte aangekla vir besit van klomp gesteelde goed
Man vas oor polisie items, wapens
MISDAADTONEEL: Klipgat, Noordwes: ‘n Man is na bewering in besit van ‘n klomp gesteelde items, insluitend polisie- en regerings-eiendom, betrap.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die 49-jarige verdagte tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie in die vroeë oggendure van Maandag 31 Augustus 2026 deur die Provinsiale Anti-Bende-Eenheid en Misdaadintelligensie gearresteer.
Die polisie het ‘n lasbrief vir ‘n woning in Klipgat verkry en tydens die deursoeking het hulle drie vuurwapens teruggevind, insluitend ‘n silwer 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en twee blank-vuurwapens, waarvan een na bewering aangepas is om lewendige ammunisie af te vuur.
“’n Totaal van 115 9mm-rondtes, drie leë 9mm-magasyne, drie 9mm-patroomn doppies, 40 blank rondtes en ‘n holster is ook gekonfiskeer.
“Verder is agt skootrekenaars, drie selfone en ‘n Motorola-hand radio teruggevind. Een van die skootrekenaars het ‘n regerings-plakker opgehad. Daar is ook op ongeveer 21 kilogram koperkabel, sowel as twee SAPS-pette, ‘n paar , ‘n SAPS-sakboekie en ‘n SAPS-kenteken, beslag gelê,” het die polisie gesê.
Man arrested for possession of stolen items
Police items, illegal arms seized
CRIME SCENE: Klipgat, North-West: A man has been arrested for allegedly being in possession of a number of stolen items, including police and government-issue items and firearms.

According to the South African Police Service (SAPS) the 49-year-old suspect was arrested during an intelligence-driven operation in the early hours of Monday, 31 August 2026 by the Provincial Anti-Gang-Unit and Crime Intelligence Overt Operations.
The police obtained a search warrant for a residence in Klipgat and while executing the search, they recovered three firearms, including a silver 9mm pistol without serial numbers and two blank firearms, one of which was allegedly modified to fire live ammunition.
“A total of 115 live 9mm rounds, three empty 9mm magazines, three empty 9mm cartridges, 40 blank rounds and a pistol holster were also seized.
“Furthermore eight laptops, three cellphones and a Motorola hand-held radio were recovered. One of the laptops bore a government department sticker. Police also seized approximately 21 kilograms of copper cable as well as two SAPS caps, a pair of police socks, a SAPS pocketbook and a SAPS badge,” the police.
