Burgemeester, MM en finansiële bestuurder vas oor korrupsie
Munisipale top bestuur agter tralies
Jongste! Die Knysna-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig dat twee senior amptenare en ‘n voormalige raadslid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gearresteer is vir ondervraging. “Die munisipaliteit het op hierdie stadium geen verdere inligting of kommentaar nie,” lui die verklaring.
MISDAADTONEEL: Suid-Kaap: Die Taakspan vir Politieke Moorde (PKTT) het ’n burgemeester, munisipale bestuurder en hoof- finansiële beampte van ’n munisipaliteit gearresteer in verband met beweerde korrupsie rakende ’n sekuriteitsdienskontrak.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het hulle ontvang oor bewerings dat daar van ’n sakeman, aan wie ’n sekuriteitsdienskontrak toegeken is, kickbacks geëis is in ruil vir die voortsetting van die kontrak.
“Daar word beweer dat die sakeman reeds honderde duisende rande betaal het uit vrees dat sy kontrak beëindig sou word,” het die SAPD gesê.
Al drie staan tereg op aanklagte van korrupsie en moet op Maandag, 5 Oktober 2026, in die hof verskyn.
Related News
Thieves pinch church bell
CRIME SCENE: Bethelsdorp, Eastern Cape: Unholy thieves have made off with a solid copper churchRead More
Municipal top brass arrested
UPDATE! The Knysna Municipality has confirmed in a statement that two senior officials and aRead More
