October, 2026
Meer as 1400 se onwettige Weskus-kreef gevind
Die Wet gryp stropers se sterte
MISDAADTONEEL: Hawston, Overberg: Wetstoepassingsbeamptes het vandeesweek toegeslaan op beweerde stropers en meer as 1 400 Weskus-kreef, ter waarde van meer as R700 000, gekonfiskeer.

Edward Jantjies, die waarnemende munisipale bestuurder van Overstrand, het gesê die operasie is in die vroeë oggendure van 12 Oktober 2026 in Hawston deur lede van die Overstrand-munisipaliteit se honde-eenheid (K9-eenheid), die Hermanus-SAPD en CapeNature uitgevoer.
Dit het gevolg op inligting oor die oes van Weskus-kreef buite die amptelike seisoen, waartydens alle oesaktiwiteite verbied word.
“Beamptes het ’n wit enkelkajuit-bakkie opgemerk wat kreef vervoer. Toe die bestuurder die wetstoepassingspan sien, het hy in ’n systraat ingery, verskeie sakke afgegooi en van die toneel gevlug.
“’n Soektog is in die gebied geloods en 1 436 Weskus-kreef is gevind. Die ondersoek het verder twee wit Toyota Hilux-bakkies met ‘CEM’-nommerplate, sowel as die vissersboot Luna Scott, geïdentifiseer as middele wat na bewering gebruik is om die misdryf te pleeg,” het Jantjies gesê.
’n Ondersoekdossier is geopen en alle bewyse is by die Hermanus-SAPD ingeboek.
“Inwoners word versoek om nie mariene produkte te koop wat onwettig geoes is nie, en om enige vermoedelike stropingsaktiwiteite aan te meld by die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing-sake (DFFE) of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
HERMANUS: In ’n afsonderlike operasie in Hermanus, het lede van die Overstrand-wetstoepassingseenheid ammunisie in ’n voertuig wat vermoedelik in ’n roof gebruik is, gevind.
“Danksy goeie spanwerk en gekoördineerde optrede is ’n verdagte gearresteer.
“Benewens hierdie operasies het die honde-eenheid (K9-eenheid) patrollies uitgevoer langs die R43 en in Mount Pleasant, Schulphoek, Zwelihle, Westcliff, die Hermanus-sakekern, Vermont en Hawston, as deel van voortdurende misdaadvoorkomings- en wetstoepassingspogings regoor die munisipale gebied,” het Jantjies bygevoeg.
Authorities urge residents not to buy illegal marine life
Operation nets 1400 poached crayfish
CRIME SCENE: Hawston, Overberg: Law enforcement officials this week pounced on alleged poachers and seized more than 1400 West Coast Rock Lobster worth over R700 000.

Edward Jantjies, the Overstrand Acting Municipal Manager, said the operation, conducted by members of the Overstrand Municipality K9 Unit, Hermanus SAPS and CapeNature, in Hawston in the early hours of 12 October 2026.
It followed information received regarding the harvesting of West Coast Rock Lobster outside the official harvesting season, during which all harvesting is prohibited.
“While responding, officials observed a white single-cab bakkie transporting crayfish. Upon noticing the enforcement team, the driver fled into a side street, dumping several bags before escaping the scene.
“A search of the area led to the recovery of 1 436 West Coast Rock Lobster units. The investigation further identified two white Toyota Hilux bakkies bearing CEM number plates, as well as the fishing vessel Luna Scott, as instruments allegedly used in the commission of the offence,” said Jantjies.
An enquiry docket has been opened and all exhibits have been booked at Hermanus SAPS. Further investigations are underway.
“Residents are urged not to purchase unlawfully harvested marine products and to report any suspected poaching activities to the Department of Forestry, Fisheries and the Environment (DFFE) or the South African Police Service (SAPS).
HERMANUS: In a separate intelligence-driven operation conducted in Hermanus, members of the Overstrand Law Enforcement Unit found ammunition in a vehicle believed to have been used in a robbery.
“Through good teamwork and coordinated action, a suspect was arrested.
In addition to these operations, the K9 Unit conducted patrols along the R43 and in Mount Pleasant, Schulphoek, Zwelihle, Westcliff, Hermanus CBD, Vermont and Hawston as part of ongoing crime prevention and law enforcement efforts across the municipal area,” said Jantjies.
Verdagte handig homself oor ná bloedbad in Katlehong
Vier ANC jonges doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Katlehong, Gauteng: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n verdagte gearresteer ná ‘n skietvoorval waarin vier lede van die African National Congress Youth League (ANCYL) hul lewens verloor het.

Die tragiese voorval het Dinsdagaand, 13 Oktober 2026, omstreeks 18:50 in Sophangisa-straat, Katlehong-Noord, plaasgevind. Daar word berig dat die slagoffers terug van ‘n gedenkdiens vir ‘n lid van ‘n politieke party gestap het – wat by die Mogobeng-laerskool gehou is – toe ‘n man op hulle begin skiet het.
“Sewe mense is geskiet. Twee mans, onderskeidelik 23 en 21 jaar oud, is op die toneel dood verklaar. Vyf ander persone, tussen die ouderdomme van 12 en 27, het skietwonde opgedoen en is vir mediese behandeling hospitaal toe geneem. Twee van die laasgenoemdes, ‘n 23-jarige en ‘n 27-jarige, is in die hospitaal aan hul beserings oorlede.
“Ná die voorval het die verdagte homself aan die polisie oorgegee. Hy is tans in aanhouding,” het die SAPD gesê.
Gauteng se taakspan vir politieke moorde (PKTT) ondersoek klagte van moord en poging tot moord.
Tragedie in Boxer winkel speel af voor CCTV
Man skiet drie base, steeds vry
MISDAADTONEEL: Eshowe, KwaZulu-Natal: ’n Voormalige werknemer van Boxer Stores wat drie vroulike bestuurders doodgeskiet het, is steeds op vrye voet en moet as gevaarlik beskou word, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die tragedie, wat Saterdag, 10 Oktober 2026, plaasgevind het, het gevolg op ’n dissiplinêre verhoor by die Boxer Superstore in die Atrium-winkelsentrum in Noord-KwaZulu-Natal.
Die SAPD het bevestig dat die 33-jarige verdagte, wat in die winkel se bakkery gewerk het, die drie geskeit het kort nadat hy van sy afdanking in kennis gestel is. CCTV-beeldmateriaal het na bewering gewys hoe hy die slagoffers verskeie kere skiet.
Die slagoffers is die administrasie-bestuurder, die winke-lbestuurder en die bakkery-bestuurder.
Kolonel Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het gesê die moorde word ondersoek en ’n soektog na die verdagte is van stapel gestuur.
“Ons doen ’n beroep op enigiemand met inligting om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak,” het hy gesê.
Boxer Stores het sy innige meegevoel met die families en kollegas van die slagoffers uitgespreek en aangekondig dat ondersteuningsdienste aan personeel beskikbaar gestel is.
Die polisie het ’n beroep op kalmte gedoen terwyl die ondersoek voortduur, en beklemtoon dat die verdagte steeds op vrye voet is en as gevaarlik beskou moet word.
Triple murder tragedy inside Boxer Superstore
Store shooter on the run
CRIME SCENE: Eshowe, KwaZulu‑Natal: A former employee of Boxer Stores who shot and killed three female managers remains on the run and should be considered dangerous, the South African Police Service (SAPS) have warned.

The tragedy, which happened on Saturday, 10 October 2026, followed a disciplinary hearing at the Boxer Superstore in Atrium Mal, Northern KZN.
SAPS confirmed that the 33‑year‑old suspect, who had worked in the bakery section, opened fire shortly after being informed of his dismissal. CCTV footage reportedly showed him shooting the victims multiple times.
The victims are the administration manager, the store manager and bakery manager.
KwaZulu‑Natal police spokesperson Colonel Robert Netshiunda said a triple murder investigation is underway and a manhunt has been launched. “We are appealing to anyone with information to contact Crime Stop on 08600 10111,” he said.
Boxer Stores expressed deep condolences to the families and colleagues of the victims, announcing that support services have been made available to staff.
Police have urged calm while investigations continue, stressing that the suspect remains at large and should be considered dangerous.
4 ANCYL members killed, 3 wounded by lone gunman
Man detained for Katlehong killings
CRIME SCENE: Katlehong, Gauteng: The South Africa Police Service (SAPS) have detained a suspect after a shooting incident in which four members of the African National Congress Youth League (ANCYL) lost their lives.

The tragic incident occurred on Tuesday night, 13 October 2026 at about 18:50 in Sophangisa Street, Katlehong North. It’s reported the victims were walking from a memorial service of a member of a political party, held at Mogobeng Primary School, when a man opened fire on them.
“Seven people were shot. Two men, aged 23 and 21, were declared dead at the scene. Five other persons, aged between 12 and 27, sustained gunshot wounds and were taken to hospital for medical treatment. Two of the latter, a 23-year-old and a 27-year-old succumbed to their injuries in hospital.
“Following the incident, the suspect handed himself over to the police. He is currently in custody,” said SAPS.
The Gauteng Political Killings Task Team (PKTT) is investigating charges of murder and attempted murder.
Nog 12 beseer toe werkers tenk skoonmaak
Chemiese voorval eis 3 op plaas
GEORGE, Suid-Kaap: Drie werkers is dood en 12 ander in die hospitaal opgeneem nadat hulle na bewering Dinsdag, 13 Oktober 2026 ,aan gifstowwe op ‘n plaas noord van Heroldsbaai, blootgestel is.

Volgens verslae was die plaaswerkers besig met skoonmaakwerk binne ‘n tenk wat ‘n mengsel van chemikalië, insluitend fosforsuur, bevat het. Verskeie werkers is oorweldig deur die stowwe, en ander wat hulle wou help, is ook daaraan blootgestel.
Drie mans is op die toneel oorlede. Uit die 12 wat na die hospitaal in George geneem is, is een ‘n ernstige, terwyl 11 vir geringe blootstelling behandel is.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (GRDM) het gesê sy brandweerpersoneel het chemiese absorbeermiddels aangewend om die gevaarlike vloeistof te neutraliseer, terwyl brandweerpersoneel van die George-munisipaliteit die oorledenes ontsmet het voordat die lyke verwyder is.
Na verwagting sal brandweerpersoneel op 14 Oktober terugkeer vir ‘n finale ronde van ontsmetting en sterilisasie.
Die uitvoerende burgemeester van die GRDM, Marais Kruger, het sy medelye betuig met die families, vriende en kollegas van die drie persone wat tragies hul lewens in die voorval verloor het.
“Ons dink ook aan die 12 persone wat beseer is, sowel as almal wat deur hierdie tragiese gebeurtenis geraak is.”
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n geregtelike doodsondersoek na die sterftes ingestel.
Amptenare het gewaarsku dat chemiese dampe gevaarlik bly totdat volledige neutralisering plaasgevind het. Inwoners moet voorvalle wat met gevaarlike stowwe verband hou, by die GRDM se noodoproepsentrum aanmeld by 044 805 5071 of via WhatsApp by 081 709 5193.
12 also hospitalized as workers clean tank on farm
Three die in George chemical incident
GEORGE, Southern Cape: A chemical incident on a farm north of Herold’s Bay, George, has left three workers dead and twelve others hospitalized.

The incident occurred on Tuesday, 13 October 2026.
According to reports, farm workers were engaged in cleaning operations inside a tank containing a mixture of chemicals, including phosphoric acid. Several workers were overcome by fumes, and others who rushed to assist were also affected.
Three men died at the scene. Twelve others were taken to hospital in George, with one in serious condition and eleven treated for minor exposure.
The Garden Route District Municipality (GRDM) said its firefighters applied chemical absorbents to neutralize the hazardous liquid, while George Municipality firefighters decontaminated the deceased before removal by Forensic Pathology Services.
Firefighters are expected to return on 14 October for a final round of decontamination and disinfection.
GRDM Executive Mayor Marais Kruger expressed condolences to the families, friends and colleagues of the three people who tragically lost their lives in the chemical-related incident.
“Our thoughts are also with the twelve people who sustained injuries and are receiving medical treatment, as well as everyone affected by this tragic event.”
The South African Police Service (SAPS) have opened a judicial inquest into the deaths.
Officials have warned that chemical fumes remain dangerous until full neutralization. Residents should report hazardous material incidents to the GRDM Emergency Call Centre on 044 805 5071 or via WhatsApp on 081 709 5193.
Pistool is twee jaar gelede in Eldoradopark gesteel
Tiener met gesteelde wapen betrap
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: Die polisie het ‘n 16-jarige seun gearresteer vir die besit van ‘n vuurwapen wat in Eldorado Park, Johannesburg, gesteel is.

Lede van Operasie Prosper was Sondag, 11 Oktober 2026, op patrollie in die Steenberg-gebied toe hulle omstreeks 17:10 van ‘n skietvoorval in die omgewing in kennis gestel is.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het hulle in Depsiton-straat, Lavender Hill, gery en twee manlike verdagtes opmerk wat in hul rigting hardloop.
“Hulle het die twee voorgekeer en een verdagte was uiters senuweeagtig. Die lede het opgemerk dat hy iets wegsteek, en tydens ‘n deursoeking het hulle ‘n 9mm-Pietro Beretta-pistool met ses rondtes ammunisie onder sy baadjie gevind.
“Die 16-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die vuurwapen in Junie 2024 by die Eldorado Park-polisiestasie as gesteel aangemeld is,” het die SAPD gesê.
KRAAIFONTEIN: Op Maandag, 12 Oktober 2026, is lede van die Openbare Orde-polisie in die Kraaifontein-gebied ontplooi om die stryd teen bendegeweld, afpersing en rooftogte voort te sit.
Omstreeks 13:00 was die lede op patrollie in Daza-straat toe hulle opmerk hoe ‘n man begin hardloop toe hy die polisie sien.
“Die lede het hom vasgetrek en deursoek. Hulle het ‘n 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer, drie Mandrax-tablette en twee sakkies Tik in ‘n sak wat hy by hom gehad het, gevind.
“Die 29-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en die besit van dwelms,” het die SAPD gesê.
24-year-old to spend 10 years behind bars
Son sentenced for raping mom, gran
FROM THE COURTS: The Virginia Regional Court has sentenced a 24‑year‑old man to an effective 10 years imprisonment for raping his mother and grandmother in two separate incidents.

The crimes took place in Phomolong, Hennenman, during April and December 2025. Both cases were investigated by the Thabong Family Violence, Child Protection and Sexual Offences (FCS) Unit, with Sergeant Moleboheng Molete and Warrant Officer Mia Engelbrecht leading the investigations.
Strong evidence presented in court by the investigators, together with prosecutor Chabane of the National Prosecuting Authority, resulted in the accused entering guilty pleas.
The accused was sentenced to 10 years’ direct imprisonment on the first count. On the second count he received a 15 years imprisonment, with five years suspended. The court ordered that the sentences run concurrently, meaning the accused will serve 10 years in prison.
Lejweleputswa District Commissioner, Major General (Dr) Tholie Afonso, welcomed the ruling, commending the thorough work of the FCS investigators and the prosecution team.
Meanwhile the Ficksburg FCS Unit, working together with the National Prosecuting Authority (NPA), has secured two life sentences for Kamal Ibrahim (53), a tuck shop owner from Caledon Park near Ficksburg, following his conviction for rape of three minor girls aged 9, 11 and 13 in January 2020.
In January 2020, the accused operated a tuck shop in Caledon Park, where he committed the offences against the three minors. After the incidents, he allegedly gave the victims sweets from his shop in an attempt to keep them silent.
The crimes came to light when one of the victims eventually disclosed the abuse to her parent, who reported the matter to the police.
He was sentenced on Friday, 9 October 2026, by the Bethlehem Regional Court, to two life terms of imprisonment. The cases were investigated by Detective Sergeant Thabiso Kobeli of the Ficksburg FCS Unit.
The Free State Provincial Commissioner, Lieutenant General Thabang Lesia, welcomed the sentence and commended the investigating officer and the prosecution team for their dedication in ensuring that justice was served.
