Kraaifontein dwelms en vuurwapen
Pistool is twee jaar gelede in Eldoradopark gesteel
Tiener met gesteelde wapen betrap
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: Die polisie het ‘n 16-jarige seun gearresteer vir die besit van ‘n vuurwapen wat in Eldorado Park, Johannesburg, gesteel is.

Lede van Operasie Prosper was Sondag, 11 Oktober 2026, op patrollie in die Steenberg-gebied toe hulle omstreeks 17:10 van ‘n skietvoorval in die omgewing in kennis gestel is.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het hulle in Depsiton-straat, Lavender Hill, gery en twee manlike verdagtes opmerk wat in hul rigting hardloop.
“Hulle het die twee voorgekeer en een verdagte was uiters senuweeagtig. Die lede het opgemerk dat hy iets wegsteek, en tydens ‘n deursoeking het hulle ‘n 9mm-Pietro Beretta-pistool met ses rondtes ammunisie onder sy baadjie gevind.
“Die 16-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Met verdere ondersoek is vasgestel dat die vuurwapen in Junie 2024 by die Eldorado Park-polisiestasie as gesteel aangemeld is,” het die SAPD gesê.
KRAAIFONTEIN: Op Maandag, 12 Oktober 2026, is lede van die Openbare Orde-polisie in die Kraaifontein-gebied ontplooi om die stryd teen bendegeweld, afpersing en rooftogte voort te sit.
Omstreeks 13:00 was die lede op patrollie in Daza-straat toe hulle opmerk hoe ‘n man begin hardloop toe hy die polisie sien.
“Die lede het hom vasgetrek en deursoek. Hulle het ‘n 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer, drie Mandrax-tablette en twee sakkies Tik in ‘n sak wat hy by hom gehad het, gevind.
“Die 29-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en die besit van dwelms,” het die SAPD gesê.
