Dié diefstal is 'n groot probleem in Kaapstad
Kabeldiewe op heterdaad betrap
MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: Die Stad Kaapstad sê hy wil nie hê borgtog moet aan kabeldiewe toegestaan word nie.

Dit kom nadat die Stad se wetstoepassingsbeamptes Maandagaand, 20 Julie 2026 die drie vermeende kabeldiewe in Plantation-weg, Lotusrivier, gearresteer het.
Die verdagtes is op heterdaad betrap nadat hulle op CCTV gesien is. Beamptes het ook ‘n graaf, groot messe en ‘n draadsnyer gekonfiskeer.
“Ons Stad het ‘n groot problem met kabeldiewe en diegene wat van infrastruktuur-verwante misdade beskuldig word, moet nie toegelaat word om terug te keer na ons gemeenskappe terwyl hulle verhoorafwagtend is nie,” het die Stad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê.
“Kabeldiefstal ontwrig noodsaaklike dienste, veroorsaak wydverspreide ongerief vir inwoners en besighede, plaas ‘n enorme finansiële las op belastingbetalers en kan openbare veiligheid in gevaar stel.
“Bendebedrywighede, huisbraak, motordiefstal en ander misdade floreer in die donker. ’n Boodskap moet gestuur word aan die sindikate agter hierdie voortdurende diefstal dat, indien julle gevang word, sal julle agter tralies bly,” het Smith gesê.
Hy het die gemeenskappe bedank wat “kabeldiefstal aan die Stad rapporteer”.
Kabeldiefstal kan aangemeld word by 021 480 7700.
Related News
380 kg dagga in toilette versteek
NASIONAAL: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap en provinsiale verkeersbeamptes het ‘n buitelander gearresteerRead More
380 kg of dagga found in toilets
NATIONAL: The South African Police Service (SAPS) in the Northern Cape, together with provincial trafficRead More
