22-jarige man probeer weghardloop

Polisie vang gou wapen verdagte

MISDAADTONEEL: Mfuleni, Kaapstad: ‘n Jong man wat probeer ontsnap nadat hy na bewering ‘n vuurwapen weggegooi het, is gou ingehaal deur die lang arm van die gereg.

Die 22-jarige verdagte van Mfuleni het in die polisie sele beland vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en 36 rondtes ammunisie.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Misdaadvoorkomingseenheid van Mfuleni die verdagte op Woensdag, 22 Julie 2026 in Mhlathuzana-straat aangekeer.

Die SAPD het gesê die lede het drie manlike verdagtes op die hoek van Tokwanastraat sien staan.

“Toe hulle die verdagtes nader, het hulle in verskillende rigtings begin hardloop, en die lede het hulle te voet agternagesit. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen in ‘n erf in Mhlathuzana-straat gegooi en aangehou hardloop, maar die lede het hom ingehaal en gearresteer.

Lwandle, Strand: Lede van Operasie Lockdown 3 het ‘n 39-jarige man in Lwanje-straat gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*