Ses verdagtes gou aangekeer

Polisie red ontvoer slagoffer

NASIONAAL: Verdagtes wat ‘n man na bewering ontvoer het, het ‘n onwelkome besoek van die polisie ontvang toe hulle kort nácdie misdaad aangekeer is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Vrystaatse Provinsiale Moord- en Roofeenheid, die Welkom K9-eenheid en die Parkweg Taktiese Reaksiespan (TRT) saamgewerk om ses mans tussen die ouderdomme van 28 en 46-jaar-oud te vang.

‘n 29-jarige man is na bewering op Vrydag 24 Julie 2026 met ‘n vuurwapen gedreig en uit sy huis in Steyn ontvoer. Die saak is by die Welkom-polisie en die Provinsiale Moord- en Roofeenheid in Thabong aangemeld.

Die familie van die slagoffer het oproepe ontvang wat ‘n losprys vir sy vrylating geëis het. Volgens die SAPD is die Welkom K9- en die TRT-eenheid geaktiveer waarna inligting hulle na ‘n huis in Flamingo Park gelei.

Toe die polisie daar opdaag, het die verdagtes probeer vlug, maar is vinnig aangekeer.

Die 29-jarige slagoffer is in ‘n erge skok toestand in die garage gevind met albei hande agter sy rug vasgebind. Hy het beserings aan die agterkant van sy kop en kneusplekke aan sy hande en voete opgedoen.

Die polisie het twee handwapens en ammunisie gekry en op drie voertuie beslag gelê, waarvan een as gesteel in Winburg aangemeld is.

Die ses verdagtes sal Maandag 27 Julie 2026 in die Welkom-landdroshof verskyn.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*