Dagga lab oopgevlek; 2 mans en vrou vas
Polisie sien groen in Paarl
MISDAADTONEEL: Paarl, Wes-Kaap: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n geheime dagga-laboratorium ontdek ná ‘n operasie deur Misdaad-intelligensie en Paarl-misdaadvoorkomingseenheid.

Volgens die SAPD het die span Dinsdag, 27 Oktober 2026, omstreeks 10:30 deursoek en beslaglegging-bevel by ‘n huis in De Villiersstraat, Lemoenkloof, uitgevoer.
“Hulle het twee mans, van onderskeidelik 32 en 38-jaar-oud, en ‘n 44-jarige vrou op die perseel aangetref. Groot hoeveelhede dagga-produkte, dagga-plante en toerusting wat gebruik word om dagga te verbou, is gevind.
“Die drie verdagtes is gearresteer vir handel in dwelms en sal Donderdag, 29 Oktober 2026, in die Paarl-landdroshof verskyn,” het die SAPD gesê.
Related News
Meisie vas ná steekdood
JONGSTE! Marionelle Botha (32) van Pacaltsdorp het in die George-landdroshof verskyn in verband met dieRead More
Cop’s girlfriend bust for murder
UPDATE! Marionelle Botha (32) from Pacaltsdorp has appeared in the George Magistrate’s Court, in connectionRead More
