Twee mans voor talle mense in besige straat geskiet
5 vas kort na dubbele-moord
JONGSTE! ‘n Week nadat twee mans koelbloedig in Military-weg, Steenberg doodgeskiet, het speurders van die Anti-Gang-Unit (AGU) ‘n deurbraak gemaak en vyf verdagtes op twee klagte van moord aangekla. Die vyf mans is aanvanklik gearresteer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens ná ‘n hoëspoed-jaagtog, waartydens twee outomatiese gewere en ‘n pistool op Dinsdag, 20 Oktober 2026, in hul besit gevind is.
Volgens die polisie het AGU-speurders dag en nag gewerk en genoegsame bewyse ingesamel wat die verdagtes met die dubbelmoord verbind. Die vyf sal Donderdag, 29 Oktober 2026, in die Wynberg-landdroshof verskyn.
MISDAADTONEEL: Steenberg, Kaapstad: Vyf verdagtes is minute ná ‘n dubbele-moord in Military-weg Dinsdag, 20 Oktober 2026, gearresteer.

Chaos het omstreeks 12:30 Military-weg, wat aan albei kante met winkels, mediese praktyke en informele handelaars bedrwyig is, uitgebreek toe gewapende mans vanuit ‘n motor op mense begin skiet het.
Volgens ‘n mediaskakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, konstabel Ndakhe Gwala, het lede van Operasie Prosper, ondersteun deur die SA Nasionale Weermag, op die skietery reageer, waartydens twee mans van 23 en 37-jaar-oud noodlottig gewond is.

“Hulle is ingelig dat die verdagtes in ‘n rooi VW Polo gevlug het. ‘n Hoëspoed-jaagtog het gevolg, en die verdagtes het hul voertuig sowat twee kilometer verder in Kirstenhof agtergelaat.
“Hulle het daarna ‘n wit Toyota RunX gekaap. Kort daarna is hulle egter vasgetrek, en tydens ‘n deursoeking van die voertuig het die polisie op twee aanvalsgewere beslag gelê. Vyf manlike verdagtes, onderskeidelik 27, 28, 31, 32 en 40 jaar oud, is gearresteer.

“Sodra hulle aangekla is, sal hulle in die Wynberg-landdroshof verskyn,” het Gwala gesê.
Die bestuur van die SAPD in die Wes-Kaap het die vinnige arrestasie van die vyf verdagtes, wat met bendes verbind word, verwelkom.
JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeestesrkomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê wetstoepassing-personeel van die Stad was ook betrokke by die arrestasie van die vyf mans.
Related News
Meisie vas ná steekdood
JONGSTE! Marionelle Botha (32) van Pacaltsdorp het in die George-landdroshof verskyn in verband met dieRead More
Cop’s girlfriend bust for murder
UPDATE! Marionelle Botha (32) from Pacaltsdorp has appeared in the George Magistrate’s Court, in connectionRead More

[…] Lees ook: Twee sterf in Lavender Hill skietery – Crime Scene Report; 5 vas kort na dubbele-moord – Crime Scene Report […]