Man in pekel na bloues hom vastrek
Polisie sien rooi oor dwelms
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: ‘n Rooi sak vol dwelms het ‘n 42-jarige man in die pekel laat beland.

Steenberg polisie se misdaadvoorkomingseenheid het Donderdag 16 April 2026 roetine patrollies in Lavender Hill gedoen toe hulle ‘n man met die rooisak sien hardloop het.
Die verdagte is aangekeer en die polisie het hom deursoek waartydens hulle twee 20-gram pakkies tik, 160 sakkies tik, 150 mandrax tablette en 300 half-mandrax tablette in sy besit gevind het.
Die man is gearresteer vir die besit van dwelms en sal Maandag 20 April 2026 in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Related News
Bloodbath in Gugulethu
CRIME SCENE: Gugulethu, Cape Town: Five people were killed and one injured in a shootingRead More
Massa-skietery ruk Stellenbosch
MISDAADTONEEL: Kayamandi, Stellenbosch: Vier mense is doodgeskiet en vier beseer in ‘n massa-skietvoorval. Die Suid-AfrikaanseRead More
