Valke, polisie red Egiptenaar
Twee vas vir mensehandel
Die elite Suid-Afrikanse polisie eenheid, die Valke, het ‘n 49-jarige vermeende menshandelaar, Emaed Ibrahim Hikal, agter tralies gesit.

Die Valke se George-gebaseerde ernstige misdaad ondersoek-span is deur die Bredasdorp-polisie bygestaan nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n moontlike mensehandel slagoffer in Oudtshoorn.
Die Valke se ondersoek het getoon Emaed het die slagoffer na bewering vanaf Egipten na Suid-Afrika gelok omdat hy werkloos was. Die verdagte het na bewering aangebied om die slagoffer in Suid-Afrika in diens te neem.
Dinge het egter lelik uitgedraai toe die verdagte die slagoffer se reisdokumente konfiskeer, hom na bewering sonder betaling laat werk en aangerand.
Eamed het op 28 April 2026 sy eerste verskyning in die Oudtshoorn-landdroshof gemaak. Die saak is uitgestel tot 30 April 2026.
Hy is die tweede verdagte wat in die saak gearresteer is. Amado Hikal (27), is op 24 Maart 2026 gearresteer en het reeds in die hof verskyn. Amado sal ook weer op 30 April 2026 verskyn vir ‘n borgtogaansoek.
Related News
Paartjie sit 10 jaar vir bedrog
UIT DIE HOF: Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) verwelkom die vonnis van Marthinus Rabie (61),Read More
Couple gets 10 years for fraud
FROM THE COURTS: The Directorate for Priority Crime Investigation (Hawks) in the Western Cape haveRead More
