Verskeie verdagtes gearresteer
Polisie maak jag op vuurwapens, dwelms
MISDAADTONEEL: Strandfontein, Kaapstad: Inwoners van Strandfontein het ‘n 21-jarige man op 28 April 2026 aan die polisie uitgewys omdat hy na bewering in die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen was.

Die polisie het die man in Birkenheadrylaan, Strandfontein deursoek.
‘n Taurus-rewolwer is in sy sak gevind en hy kon nie ‘n vuurwapenlisensie toon nie. Hy is daar en dan in hegtenis geneem.
MISDAADTONEEL: Steenberg: Lede van Operasie Shanel 2, wat in die Steenberg-gebied ontplooi is om bendegeweld te beveg, het ‘n perseel in Sullivanstraat deursoek nadat hulle inligting ontvang het van ‘n vermeende bendelid met ‘n vuurwapen.
Die polisie het ‘n replika-geweer in die huis gevind en ‘n 32-jarige verdagte gearresteer.
Operasie Prosper-ontplooiings in die Steenberg- en Muizenberg-polisiegebiede om bendegeweld te bestry, het gelei tot die arrestasie van ‘n verdagte vir die besit van dwelms op Dinsdag 28 April 2026.
Die polisie het ‘n perseel in Orchardstraat, Hillview, deursoek en 27 Mandrax-tablette, meer as 16 gram gram ongesnyde Tik en 86 klein pakkies met Tik in ‘n oond in die huis gevind. ‘n 29-jarige man is gearresteer vir die besit van dwelms.
Die Anti-Bende-eenheid het ‘n 25-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en ammunisie in Falconweg, Seawind. Hy staan tereg op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Related News
Straf wag na bedrog van R9-miljoen
IN DIE HOF: Die Parow-landdroshof het Andrew Paul Futcher (62) skuldig bevind aan bedrog nadatRead More
Elderly man guilty of R9 M fraud
IN THE COURTS: The Parow Magistrates Court has found Andrew Paul Futcher (62) guilty ofRead More
