Ottery vuurwapen gevind
Vrou (25) in Ottery gearresteer
Polisie kry vuurwapen onder bad
MISDAADTONEEL: Ottery, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se anti-bende-eenheid het ‘n 25-jarige vrou op Vrydag, 19 Junie 2026 gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die eenheid het ongeveer 15:45 inligting opgevolg oor ‘n perseel in Peter-hof, Ottery, waar vuurwapens na bewering gehou word. Tydens die deursoeking is ‘n 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en magasyn met 21 rondtes ammunisie in ‘n kas in die verdagte se kamer gevind.
Omstreeks 17:00 dieselfde dag het die lede ‘n perseel in die Edward plakkerskamp, Ottery, deursoek en 50 sakkies tik gevind. Geen arrestasies is hier gemaak nie.
Manenberg: Ook op Vrydag 19 Junie 2026 het die anti-bende-eenheid ‘n perseel in Manenberg-laan deursoek waar hulle ‘n .38-rewolwer sonder ‘n reeksnommer en vier .38-rondes ammunisie wat onder die bad versteek was, gevind. ‘n 35-jarige verdagte is gearresteer op aanklagte van die besit van ‘n verbode vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
Malmesbury: Tydens ‘n operasie op Vrydag 19 Junie 2026 het die SAPD, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) en die metropolisie ‘n dubbelloop-haelgeweer sonder ‘n reeksnommer, wat by ‘n huis in Chatsworth, Malmesbury begrawe was, gevind. Geen arrestasies is hier gemaak nie.
