Buitelander op by N1 weegbrug vasgetrek
380 kg dagga in toilette versteek
NASIONAAL: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap en provinsiale verkeersbeamptes het ‘n buitelander gearresteer omdat hy na bewering dagga ter waarde van R7,5 miljoen vervoer het.

Die 37-jarige man is Woensdag, 22 Julie 2026 tydens ‘n operasie by die weegbrug op die N1-snelweg in Colesberg, waar 380 kg dagga gekonfiskeer is, gearresteer.
Volgens die SAPD het verkeersbeamptes omstreeks 13:50 ‘n wit Foton-vragmotor wat mobiele toilette vervoer het, voorgekeer nadat hulle ‘n wenk ontvang het dat dit gebruik word om dagga te versteek.
Tydens die inspeksie het hulle ‘n sterk reuk van dagga uit een van die toilette gekry en ‘n groot sak binne gevind.
“Die polisie is na die toneel ontbied en het na ‘n deeglike deursoeking sewe groot ontdek wat met kleefband toegedraai was en na bewering dagga bevat het.
“Die bestuurder is deur die Colesberg SAPD gearresteer en aangekla vir handel in dagga.
“Die vragmotor en sleepwa is ook gekonfiskeer,” het die SAPD gesê.
Die Noord-Kaapse Provinsiale Polisiekommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die amptenare geprys vir hulle goeie optrede en gesê die beslaglegging toon die waarde van samewerking tussen wetstoepassings-agentskappe in die ontwrigting van dwelmsmokkelary.
Related News
I was raped by 2 women – driver
CRIME SCENE: Heathfield, Cape Town: Officers from Steenberg police have rescued a 25-year-old e-hailing driverRead More
Gru-ongeluk op N1 eis 21
ONGELUKSTONEEL: Nooddiens-personeel het ‘n grusame ontdekking gemaak toe hulle reageer het op ‘n verwoestende ongeluk,Read More
