Generaal bring 34-jaar diens na die tafel
Nuwe leier vir Wes-Kaapse polisie
WES-KAAP: Luitenant-generaal William Dyantyi is aangestel as die nuwe Provinsiale Polisiekommissaris van die Wes-Kaap, effektief 1 Augustus 2026.

Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Luitenant-generaal Puleng Dimpane, het die nuwe aanstelling Woensdagoggend, 29 Julie 2026 by die provinsiale polisiehoofkwartier in Kaapstad aangekondig.
Luitenant-generaal Dyantyi het 34-jaar ervaring in die polisie en het in verskeie operasionele en leierskapsrolle in die Oos- en Wes-Kaap gedien.
Dimpane het gesê Dyantyi het ‘n diep begrip van polisiëring op stasie-, distrik- en provinsiale vlak, ondersteun deur ‘n sterk verbintenis tot uitnemendheid, integriteit en gemeenskapsveiligheid.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dyantyi gelukgewens met sy aanstelling en hom alle sukses toegewens “terwyl hy polisiëring in die Wes-Kaap lei in samewerking met gemeenskappe en ander belanghebbendes om ‘n veiliger provinsie vir almal te skep”.
Dyanti vervang Luitenant-generaal (Adv) Thembisile Phathekile wat vroeër vanjaar afgetree het. Dimpane het Phathekile bedank vir sy vooraanstaande leierskap en toegewyde diens aan die mense van die Wes-Kaap.
Related News
Officers take huge LEAP against crime
CRIME SCENE: Crossroads, Cape Town: City of Cape Town LEAP officers have made a majorRead More
Man vas oor gesinsgeweld
MISDAADTONEEL: Bainsvlei, Bloemfontein: ‘n 44-jarige man is gearresteer nadat hy na bewering ‘n vuurwapen opRead More
