Polisie betrap man met 15 skape

Veedief agter tralies

NASIONAAL: ‘n 39-jarige verdagte van Paballong, QwaQwa in die Vrystaat, is Dinsdag 28 Julie 2026 gearresteer tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur die Fouriesburg Veediefstaleenheid.

Die verdagte is in besit van 15 skape ter waarde van ongeveer R22 000 by ‘n woning in Bohlokong gevind, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gesê.

Die Bethlehem misdaadintelligensie-eenheid het in samewerking met die Fouriesburg Veediefstaleenheid, opgetree inligting ontvang het oor ‘n verdagte voertuig wat na bewering vee vervoer.

Die voertuig is by ‘n eiendom in Bohlokong opgespoor, waar die polisie 15 skape met vervalste identifikasie-tatoeëermerke gevind het. Die verdagte kon nie bewys van eienaarskap toon nie en is onmiddellik gearresteer.

Die SAPD het mense versoek om nie gesteelde vee of karkasse vir persoonlike gebruik of finansiële gewin te koop nie, aangesien dit ‘n kriminele oortreding is.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*